Grossi gee toestemming vir Fukishima watervrystelling

Japan het vandag goedkeuring van die VN se kernwaghond gekry vir sy plan om behandelde radioaktiewe water uit die Fukushima-aanleg in die see vry te laat, ondanks hewige weerstand van Beijing en sommige plaaslike inwoners. Die Internasionale Atoomenergie-agentskap het ná ’n twee jaar lange oorsig gesê Japan se planne strook met wêreldwye veiligheidstandaarde en dat dit ’n weglaatbare radiologiese impak op mense en die omgewing sal hê.