Gross Barmen-aardbewing meet 3,7 en Opuwo, 4,2

Die myne en energie-ministerie het twee aardbewings oor die naweek bevestig. Die eerste, wat 3,7 op die Richterskaal gemeet het, het Saterdagoggend naby Gross Barmen, ongeveer 27km suidwes van Okahandja, gebeur. Die tweede, ‘n aardbewing van 4,2 op die skaal, het Sondag om 14 minute na middernag plaasgevind, sowat 10km suidwes van Opuwo. Anna Salkeus, die ministerie se hoof-skakelbeampte, gee meer inligting.