Grootste ysberg in kolk vasgevang

Die wêreld se grootste ysberg, bekend as A23a, spin nou al maande lank op een plek net noord van Antarktika. Wetenskaplikes sê die bevrore blok, wat meer as twee keer die grootte is van Groter Londen, is vasgevang bo-op ‘n reuse-draaikolk. Die verskynsel word ‘n Taylor-kolom genoem en dis moontlik A23a sal dalk jare lank vasgevang bly. A23a het solank terug as 1986 weggebreek van die Antarktiese kuslyn en was drie dekades lank ‘n statiese eiland. Dit het in 2020 weer begin dryf maar het nou weer vasgeval.