Grootste teelgebied vir Kaapse pelsrobbe in die wêreld by Kaap Kruis geopen

‘n Nasionale Parkebestuurstasie van meer as 22-miljoen doller is by Namibië se robreservaat by Kaap Kruis aan die Skedelkus geopen. Dit is die grootste teelgebied vir Kaapse pelsrobbe in die wêreld. Die bou van die stasie is in samewerking met die Duitse regering gedoen, volgens ‘n samewerkings-ooreenkoms om nuwe infrastruktuur te ontwikkel in Namibië se nasionale parke. Namibië se minister van die Omgewing, Bosbou en Toerisme, Pohamba Shifeta, het met die opening ook planne vir die volgende tien jaar bekendgemaak vir die ontwikkeling en bestuur van die Skedelkus, Dorob en Namib-Naukluft nasionale parke.