Grootste MIV/vigs-konferensie in Afrika in Durban aangebied

Die Suid-Afrikaanse adjunk-minister van basiese onderwys, Reginah Mhaule, sal vandag die verwelkomingsrede by ‘n hoë-vlak-ministeriële geleentheid lewer. Die geleentheid word virtueel aangebied om Oos- en Suider-Afrikaanse inter-ministeriële samewerking te bevorder en is ‘n uitvloeisel van die Konferensie oor Vigs en Seksueel Oordraagbare Siektes in Afrika, wat in Durban plaasvind. ‘n Woordvoerder van die departement, Elijah Mhlanga, sê dié geleentheid is die grootste MIV/vigs-konferensie in Afrika.