Grootfontein soek N$3 miljoen om uitvoerende hoof te laat gaan

Die Grootfontein-munisipaliteit het ‘n versoek aan die minister van stedelike en landelike ontwikkeling Erastus Uutoni gerig om ’n kontrak van sowat 2,97 miljoen Namibiese dollar aan sy omstrede uitvoerende hoof, Kisco Sinvula, uit te betaal. Volgens plaaslike berigte moet Uutoni moet nog op die versoek reageer. Dit volg nadat die dorpsraad Sinvula se kontrak op 24 Mei beëindig het as gevolg van ’n gebroke verhouding tussen die twee partye. Uit die 70 werknemers op die raad, het 50 in ’n onlangse petisie geëis dat Sinvula in die pad gesteek moet word. Hy het verlede maand weer begin werk nadat hy voor dit vir 14 maande lank geskors was.