Grootfontein-man sterf na aanval

Die Otjozondjupa-polisie berig dat ‘n 31-jarige man van Grootfontein gesterf het nadat hy deur onbekendes aangeval is. Die man, Robert Efraim Tsibeb, is dood van veelvuldige kopbeserings. Hy is in die vroeë oggendure in die bosse naby Uitbreiding 9 in ‘n plas bloed gevind. Hy is na die dorp se staatshospitaal gehaas, waar hy dood is terwyl hy mediese aandag ontvang het. ‘n Selfmoord by Otavi is ook aangemeld, waar Gert Alwayn van Der Linde homself op Plaas Klein met ‘n tou van die plafon van sy slaapkamer opgehang het. ‘n Geregtelike doodsondersoek is deur die Otavi-polisie geopen.