Groot water op pad na Benede-Oranje
Die Namibiese Hidrologiese Diens waarsku inwoners en gemeenskappe langs die Benede-Oranjerivier dat die Suid-Afrikaners Prieska se Boegoebergdam tussen 16 en 18 Junie gaan leegmaak teen net meer as 81 kubieke meter water per sekonde. Owerhede in die buurland moet instandhoudingswerk op die dam doen. Die dam het amper 10 miljoen kubieke meter water se stoorkapasiteit verloor as gevolg van slik. Boegoeberg is tans 109 persent vol en het 20 miljoen kubieke meter water. Inwoners moet waaksaam wees vir hoër vlakke van vloei.