Groot vordering in voorkoming van MIV-infeksies

‘n Sesmaandelikse MIV-voorkomingsinspuiting met lenacapavir was doeltreffend in twee deurslaggewende studies. Die eerste, PURPOSE 1, het getoon daar was geen MIV-besmettings onder 2 134 deelnemers nie, en die tweede, PURPOSE 2, het net twee besmettings onder 2 179 deelnemers opgelewer. Dit kom neer op ‘n 96-persent-vermindering in besmettings. Gilead Sciences beplan om aansoek te doen om reguleringsgoedkeuring om lenacaparvir vir voorkoming te bemark. Dit is tans in sommige lande geregistreer vir behandeling, maar nog nie in Suid-Afrika beskikbaar vir voorkomende gebruik nie.