Groot terreurverhoor begin in België

Die grootste strafregtelike verhoor in België se geskiedenis het in die hoofstad, Brussel, begin waar 10 mans teregstaan op aanklagte van die dood van 32 mense tydens terreuraanvalle in Maart 2016. Die bloedvergieting het begin met ontploffings op die lughawe en daarna het dit op die Maelbeek-metrostasie voortgegaan. Die aanvalle word beskryf as die dodelikste in die land sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Die hoofbeskuldigde, Salah Abdeslam, dien reeds lewenslange tronkstraf in Frankryk uit oor die terreur-aanvalle in Parys in 2015 waarin 130 mense gesterf het.