Groot teleurstelling vir Proteas met Indië wat T20-titel opraap

Slegs sewe lopies het tussen die Proteas en hulle eerste T20 Wêreldbeker in Barbados gestaan. Indië het hulle tweede T20-Wêreldbeker verower. Indië het ‘n indrukwekkende 177 daargestel vir ‘n oorwinning, en Suid-Afrika tot 169 vir agt beperk. In ‘n stadium het die Proteas 30 lopies van 30 balle gejaag met ses paaltjies staande, maar Indië het kop gehou. Die aanvangskolwer Virat Kohli het trane van vreugde gestort toe hy as die Speler van die Wedstryd aangewys is, terwyl die bouler Jasprit Bumrah as die Speler van die Toernooi gekroon is.