Groot sukses vir Nampol op Karibib, Usakos 

Die Erongo-polisie sê hulle het inligting ontvang dat individue bekend as die Tura Boys in Hakaseb, Usakos dagga smous. ‘n Operasie is geloods en omstreeks half-vier Woensdagmiddag is daar beslag gelê op 150 Mandrax-tablette en ongeveer 1,5 kilogram dagga. Die waarde word net onder 83 000 Namibiese dollar beraam. Drie mans, 46, 20 en 18 jaar oud, is gearresteer. Ook Woensdagmiddag, in Harambee, Karibib, het die polisie beslag gelê op Mandrax, kokaïen en dagga ter waarde van 5 380 dollar. Twee mans, albei 26 jaar oud, is gearresteer.