Groot sukses met hartoperasie in Noordwes

Die Klerksdorp-Tshepong-hospitaal in Noordwes-provinsie het sy eerste hartoperasie suksesvol uitgevoer in sy nuwe kardio-torakale teater. ‘n Nege-en-dertig-jarige vrou van Jouberton met ‘n lekkende hartklep en aangebore aneurisme was die begunstigde. Die LUR vir Gesondheid, Madoda Sambatha, sê die vennootskap met die Charlotte Maxeke-hospitaal in Gauteng het met die suksesvolle operasie ‘n geskiedkundige mylpaal behaal, wat die voordele van ‘n nasionale gesondheidsversekerings-keuse ten toon stel.