Groot opgewondenheid… die reeks om die As begin vandag
Die eerste van vyf toetse in die reeks om die As tussen Engeland en Australië begin vandag op Edgbaston in Birmingham, en daar is nog nooit voorheen soveel ophef daaroor gemaak nie. Die gashere het 11 van hulle 13 toetse gewen sedert Ben Stokes in April verlede jaar as kaptein oorgeneem het, terwyl die Aussies breëbors rondstap nadat hulle as die wêreld-toetskampioen gekroon is. Volgens Stokes is hy fiks om in die eerste toets te boul nadat hy ʼn ruk lank met ʼn chroniese kniebesering gesukkel het.