Groot ooreenkoms tussen China en Maleisië

Maleisië en China sal ‘n vyf-jaar-program vir ekonomiese en handelsamewerking onderteken tydens die Chinese premier, Li Qiang, se eerste besoek aan Kuala Lumpur. Die Maleisiese minister van Belegging, Handel en Nywerheid, Tengku Zafrul Aziz, het tydens die bekendstelling van Chery se voertuigaanleg in dié land aangekondig die ooreenkoms sal bande in vervaardiging, die digitale ekonomie, robotika, entrepreneursontwikkeling, innovering, nuwe ondernemings, en landbounavorsing en -ontwikkeling verdiep: