Groot ontwrigting, kostes met SAL loods-staking
Ontwrigting weens die staking van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se vlieëniers het daartoe gelei dat die Parlement se portefeuljekomitee op Justisie sy oorsigbesoek moes afstel. Die staking, wat Donderdag begin het, het daartoe gelei dat 60-persent van vlugte afgestel moes word. Die vlieëniers eis ‘n salarisverhoging van 15,7-persent terwyl SAL 8,46-persent aanbied. Uitvoerende hoof John Lamola waarsku oor finansiële gevolge as die staking langer as drie dae sou voortduur. Binnelandse lugrederye word oorval deur reisigers wat alternatiewe vlugte soek.