Groot lenings vir onbekende goenwaterstof-koste? Nee wat

Namibië beplan glo om sy geprojekteerde olie-inkomste as kollateraal te gebruik om lenings van die internasionale geldmark te verkry om sy deel van die ontwikkeling van groenwaterstofprojekte te finansier. Dit is volgens ‘n Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing-verslag wat die risiko’s ondersoek het wat verband hou met die verwagting dat Namibië ‘n onbekende vlak van leningswaarborge vir die projek moet gee. Hyphen Hydrogen Energy het ingestem tot ‘n ooreenkoms met Namibië vir die volgende fase van ‘n sowat 181 miljard Namibiese dollar groenwaterstofprojek wat na Europa sal uitvoer sodra dit voltooi is. Die kosteberekening van hierdie projek hang volgens die instituut af van ‘n bankbare lewensvatbaarheidstudie wat agter slot en grendel gehou word, met Hyphen en die regering wat sê dat dit te vertroulik is om openbaar gemaak te word. Kosmos 84.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gesels om sy siening hiervan te kry.