Groot kritiek oor amptelike begrafnis vir Katrina
Reaksie word ontvang op die nuus dat oud-onderwysminister Katrina Hanse-Himarwa ‘n amptelike begrafnis sal kry. Daar was volgens berigte hewige debat daaroor omdat begunstigdes van die tipe begrafnis nie oneerbaar mag wees nie en Hanse-Himarwa is in 2019 skuldig bevind aan korrupsie. Die politieke ontleder professor Joseph Diescho vra of ons sê dat alle ministers ’n staatsbegrafnis moet ontvang wat deur belastingbetalers gedra word, ongeag of hulle ‘n goeie reputasie gehad het in die konteks van die waardes van eer, integriteit en onskuld van korrupsie? Hy vra of lojaliteit aan Swapo die enigste merker van goeie burgerskap is? Hy wil verder weet of dit volhoubaar is in ‘n land waar hospitale nie geskik is om hierdie ministers te behandel wanneer hulle siek is nie, maar net goed is vir diegene wat op hospitaalvloere of in hul eie linne moet slaap?