Groot kommer oor vars water, siektes na oorstromings in Nepal
Meer as 215 mense insluitend 35 kinders is dood en tientalle word vermis nadat swaar reën kitsvloede en grondstortings in Nepal veroorsaak het. Baie sterftes is in die digbevolkte hoofstad, Katmandoe, aangemeld. Unicef se woordvoerder, Florine Bos, sê toegang tot noodsaaklike hulpbronne soos vars water sal in die komende dae ʼn probleem wees. Sy sê wanneer die water gesak het, kan oordraagbare siektes soos dengue-koors uitbreek: