Groot kommer onder droëland-produsente in Mieliedriehoek

Alhoewel daar onlangs reën in sommige noordelike dele van die land ontvang is, heers daar steeds kommer in die Mieliedriehoek oor ‘n gebrek aan voldoende reën wat tot mis-oeste kan lei. Volgens ‘n boer oos van Grootfontein, Dawie Kok, was daar ‘n paar buie oor die gebied. Hy sê sommige droëland-boere kan dalk oes, maar die meeste sal beslis nie oes nie, tensy meer reën oor ‘n week of wat kom. Kok het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.