Groot kanonne terug vir Olimpiese tennis
Olimpiese Spele: Die meeste van die groot name is op Roland Garros wanneer die tennis-kompetisie volgende Saterdag in Parys afskop. Die dubbelspel vir mans het groot kanonne soos Rafael Nadal en Carlos Alcaraz vir Spanje, en die wêreld nommer een, Jannik Sinner, en Lorenzo Musetti vir Italië. Onder die vroue is die Wimbledon- en Franse Ope-finalis, Jasmine Paolini, saam met die veteraan Sara Errani vir Italië, die Wimbledon-kampioen, Barbora Krejčíková, en Katerina Siniakova vir die Tsjeggiese Republiek, en Coco Gauff en Jessica Pegula vir Amerika.