Groot jaar lê vir Namibië se skaakspelers voor

Skaakspelers in Namibië maak gereed vir ‘n opwindende nuwe seisoen. Om mee te ding vir ‘n plek in die Namibiese Nasionale Skaakspan wat die land onder meer in die 45ste Skaak-olimpiade in Boedapest, Hongarye gaan verteenwoordig in September, sal spelers in Maart aan die Nasionale Skaak-ope deelneem. Die nasionale skaakfederasie se Lischen Mentile, die toernooidirekteur, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.