Groot hupstoot vir Nam-landbou

Namibië het ‘n 30 miljoen Namibiese dollar toekenning verkry deur ‘n gesamentlike poging van die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie en China om boere te ondersteun deur tegniese bystand, verbeterde tegnologie en opleidingsprogramme daar te stel. Volgens die landbouministerie, val die samewerking onder die tweede fase van die VN en China se internasionale program en sal landbou diversifiseer, veerkragtigheid bou en vaardighede ontwikkel. Boere sal kennis en hulpbronne opdoen op gebiede soos grondvrugbaarheid, plantgesondheid, saadproduksie en pluimveeboerdery waar veral vroue en die jeug voordeel sal trek.