Groot entoesiasme oor FlySafair se nuwe Windhoek-vlugte

Die lae-koste lugredery FlySafair het aangekondig hy gaan vanaf 22 Oktober twee bykomende vlugte per week op die Kaapstad – Windhoek roete instel. FlySafair is die dominante speler in Suid-Afrika se plaaslike mark, met ‘n 60 persent markaandeel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, wat sê die hele toerisme-bedryf is opgewonde oor die verwikkeling. Sy verduidelik.