Groot beleggings in PGA-toernooi

Die PGA-toernooi het ʼn ooreenkoms van sowat 56 miljard Namibiese dollar gesluit met Strategic Sports Group, gelei deur die premierligaspan Liverpool se eienaars, Fenway Sports Group. Spelers wat lojaal gebly het aan die toernooi en nie toegegee het aan die Saoedi-ondersteunde LIV Gholf nie, gaan onmiddellike en toekomstige aandele van 28 miljard dollar ontvang. Die fondse sal aan spelers beskikbaar gestel word volgens loopbaanprestasies, onlangse suksesse en deelname in die toekoms. Die wêreld se voormalige nommer een, Jordan Spieth, sê hierdie belegging kan die PGA-toernooi in sy sterkste posisie ooit plaas: