Groot belegging in optiesevesel-netwerk

Demshi Investment Holdings beoog om 100 000 Namibiese huishoudings teen 2027 aan sy optiesevesel-netwerk te koppel. Die maatskappy beplan om ongeveer 104 miljoen Namibiese dollar te belê in die uitbreiding van sy infrastruktuur regoor die land. Demshi se besturende direkteur, Werner Shilunga, sê die bekendstelling poog om vinniger en meer betroubare internettoegang aan inwoners in sleutelgebiede te bied. Hy sê Khomasdal sal ‘n belegging van 30 miljoen dollar sien, met verbinding van 5 200 huise wat byna voltooi is en teen die einde van Julie in werking sal wees. Die Swakopmund-netwerk sal ‘n belegging van 38 miljoen dollar kry, wat Matutura, Tamariskia en Mondesa dek. ‘n Bykomende 36 miljoen dollar word aan die Walvisbaai-netwerk toegeken, wat byna die hele Kuisebmond-gebied sal bereik.