Groot belangstelling in opknapping van Saara se kantore

Sewentien bieë is ontvang vir die opgradering en opknapping van United House op die hoek van Onafhanklikheidsrylaan en Frans Indongostraat waar die kantoor van die eerste minister gesetel is. Van die 17 is daar nege gesamentlike ondernemings tussen Chinese kontrakteurs en plaaslike firmas omdat die tender spesifikasies ‘n 51 persent plaaslike aandeel vereis. Tenders wissel van 90 miljoen Namibiese dollar tot 128,5 miljoen dollar. August 26 het ook ‘n bod ingesit met totale kostes net bo 104 miljoen dollar.