Groot belangstelling in Halliburton op Walvis

Halliburton sê sy uitnodiging vir plaaslike verskaffers het beduidende belangstelling uitgelok met 750 maatskappye wat gereageer het. Die maatskappy se belangstellingsgveldtog, wat van Mei tot Julie geduur het, is van stapel gestuur om verskaffers te identifiseer om sy bedrywighede te ondersteun. Die inisiatief strook met die naderende voltooiing van ‘n groot projek, ‘n stroom-op verwerkingsaanleg wat hy op Walvisbaai beplan. Dit sal na verwagting teen die einde van die maand afgehandel wees. Halliburton het nie ‘n skoon rekord nie. Hy word daarvan beskuldig dat sy konstruksie die Deepwater Horizon oliestorting in 2010 veroorsaak het, saam met nalatigheid deur BP. Hy is gedagvaar maar het buite die hof geskik vir 1,1 miljard Amerikaanse dollar. Halliburton word ook van oorlog-winsbejag in Irak beskuldig omdat hy reuse-kontrakte ontvang beide tydens en na die twee oorloë daar en dat hy Withuis-kontakte gehad het, veral met Dick Cheney wat sy oud-uitvoerende hoof was.