Groot Amerikaanse afvaardiging kom vandag aan

Verteenwoordigers van verskeie groot Amerikaanse maatskappye begin vandag ‘n besoek aan Namibië om beleggings- en kommersiële geleenthede in die land te ondersoek. Akunna Cook, ‘n senior amptenaar van die Amerikaanse staatsdepartement, sal die afvaardiging lei wat amptenare van die Amerikaanse Departement van Handel, Power Africa en die Amerikaanse Kamer van Koophandel in Suid-Afrika insluit. Die afvaardiging sal met die Namibiese regerings en moontlike Namibiese sakevennote vergader soos Jessica Long van die Amerikaanse ambassade in die hoofstad verduidelik.