Groot afwagting vir ’23 begroting volgende maand

Namibiërs wag in spanning vir die minister van finansies Ipumbu Shiimi wat die begroting vir die 2023-24 finansiële jaar op 23 Februarie in die Nasionale Vergadering ter tafel sal lê. Geskatte uitgawes vir die boekjaar volgens die huidige begrotingsdokument sal na verwagting in die omgewing van 73 miljard Namibiese dollar wees. In die middeltermynbegroting het Shiimi baie verligting ontvang met fondse wat deur NamRA ingesamel is. Die ministerie se woordvoerder, Wilson Shikoto, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.