Groot aanpassings vir Whk se busdiens
Die Stad Windhoek-busdienste is op die punt om aansienlike veranderinge te ondergaan. Kontantbetalings sal nie meer toegelaat word nie aangesien die nuwe kontantlose buskaartjiestelsel geïmplementeer gaan word. Volgens Lydia Amutenya, die Stad se woordvoerder, sal die nuwe stelsel binnekort in werking gestel word. Kosmos 94.1 Nuus het met Amutenya gesels, wat sê die stelsel sal help om pendelaars en busbestuurders veilig te hou.