Grondwetraad maan teen verpolitisering van Phala Phala-verslag

Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet neem kennis van wat hy beskryf as die verpolitisering van die waarnemende Openbare Beskermer se Phala Phala-verslag. Die verslag spreek President Cyril Ramaphosa vry van ongerymdhede, maar verskeie opposisiepartye wil dit uitdaag. Die ANC verwelkom die verslag, terwyl die UDM kommer uitspreek oor teenstrydighede en moontlike presedente wat geskep word. Ontleders wys op onbeantwoorde vrae en die behoefte aan deeglike ondersoeke. Die raad se uitvoerende sekretaris, Lawson Naidoo, beskuldig opposisiepartye daarvan dat hulle die Openbare Beskermer se kantoor uitbuit om politieke munt te slaan.