Grondstortings dood 45 in Indië

Minstens 45 mense onder wie ʼn eenjarige kind is dood nadat swaar reën ʼn reeks grondstortings in die Indiese staat Kerala veroorsaak het. Sowat 70 mense is beseer en vrese bestaan dat baie meegesleur is deur modderige, sterkvloeiende water wat deur die gebied gestroom het. Amptenare sê reddingsoperasies is aan die gang, maar word gekniehalter deur swaar reën en ʼn brug wat ineengestort het. Indië se eerste minister, Narendra Modi, het beloof alles sal gedoen word om diegene wat in puin vasgekeer is, te red.