Grondlose groep doen weer aansoek vir Farm 37-porsie

Die Walvisbaai-gebaseerde Backyard Tenants-groep het weer vir ‘n stuk grond op Farm 37 aansoek gedoen. Die groep het reeds porsie 19 ontvang en kan hulle eie wonings oprig maar, dit is nie voldoende vir sy meer as 2 000 lede nie. Die groep vra die porsie 23 en sy onder-voorsitter Imanuel ya Festus sê hulle het daagliks nuwe aansoeke vir lidmaatskap so druk vir beskikbare grond neem toe. Planne vir dienste op die grond word op die stadium gefinaliseer en dus sal al twee porsies op een slag voorberei word. Daar is tans 40 huishoudings op die stuk grond wat uiteindelik 1 100 erwe sal voorsien, gevestig.