Grondeienaars se belasting-opgawes gepos

Die landbouministerie sê dat alle grondbelasting-opgawes van 2018-2019 tot en met 2022-2023 uitgestuur is maar net vir eienaars wat hul posbusse verskaf het en wie se grond op die waardasierol is. Al die ander grondeienaars moet self hulle opgawes afhaal. Alle betalings moet teen 31 Maart vanjaar gemaak word. Foute op vorige boekjare is ook reggestel en die korrekte opgawes is uitgestuur. Die ministerie herinner grondeienaars daaraan dat heffings en boetes van toepassing is vir laat betalings en ook vir inligting wat nie verskaf is nie. Aansoeke vir vrywaring sluit op 31 Maart.