Grond word aan Eskom toegeken vir sy infrastruktuur

Die Suid-Afrikaanse minister van openbare werke en infrastruktuur, Sihle Zikalala, sê sy departement is daartoe verbind om infrastruktuurontwikkeling te bevorder en beskikbare grond in staatsbesit aan alle nasionale programme beskikbaar te stel. Die departement het 25 onteieningsaansoeke verwerk en goedgekeur, vir grond wat Eskom sal gebruik. Zikalala sê dit sal die kragvoorsiener in staat stel om sy transmissie-infrastruktuur in alle provinsies uit te brei: