Grond, water is ‘bronne van lewe’
Vandag is Wêreldgronddag en is so deur die Verenigde Nasies verklaar. Die oogmerk is om bewustheid te kweek vir die kritieke verhouding tussen grond en water in die vestiging van volhoubare en veerkragtige stelsels vir landbou-voedsel. Die dag fokus op die bedreigings vir biodiversiteit van grond, insluitende ontbossing, die intensivering van landbou, oorbeweiding en verstedeliking. Die VN beklemtoon die noodsaaklikheid om hierdie bedreigings aan te spreek deur die volhoubare bestuur van grondhulpbronne te bevorder, die belangrikheid van gesonde grond te erken en om voorspraak te maak vir die behoud van ekosisteme.