Grond: Klimaat en voedselsekerheid
Enige besluit om meer grond toe te wys vir klimaatsverligting moet ook die mededingende behoefte aan langtermyn voedselsekerheid en ekostelselgesondheid in ag neem. Dit blyk uit ‘n studie in die tydskrif Frontiers in Environmental Science. Die studie gee ‘n volledige ontleding van mededingende grondgebruik en tegnologie-opsies om aardverwarming te beperk to 1,5-grade Celsius. Die hoofouteur Angelo Gurgel sê daar is genoeg grond vir ‘n 1,5-grade-toekoms, mits doeltreffende beleid op nasionale en globale vlakke van krag is.