Grond is toe nie so belangrik nie…

Die jongste Afrobarometer peiling toon dat werkloosheid die grootste probleem in Namibië is met 63 persent van respondente wat dit so aangedui het. Onderwys het tweede ingekom op 25 persent met voedseltekorte op 23 persent. Vierde is gesondheid met watervoorsiening en dan elektrisiteit. Interessant genoeg het korrupsie 11de uit 16 kommernisse gekom. Heel onder aan die lys is skuld saam met grond, met 6 persent wat sê dit is die belangrikste probleem in die land.