Grond, droogte en verwoestyning op die agenda vir omgewingsdag

Vandag is Wêreld-omgewingsdag met die tema, Grondherstel, Woestynvorming en Droogteweerstandigheid. Grondherstel is ‘n basiese beginsel van die Verenigde Nasies se veldtog, Dekade van Ekostelsel-herstel, wat ‘n oproep is om ekostelsels reg deur die wêreld te beskerm en te laat herleef. Die Koninkryk van Saoedi-Arabië sal vanjaar se wêreldwye vieringe aanbied. Die VN-omgewingsprogram se uitvoerende direkteur, Inger Andersen, sê die klimaatkrisis plaas die wêreld se ekostelsels onder geweldige druk: