Groenwaterstofsektor ‘kort deursigtigheid om korrupsie te keer’
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, IPPR, se jongste blog beklemtoon korrupsierisiko’s in die groenwaterstofsektor, en let op die afwesigheid van deursigtigheidbesprekings by die onlangse Groenwaterstofberaad. Ten spyte van vorige skandale soos die Fishrot- en SME Bank-sake, is daar ‘n gebrek aan deursigtigheid in projekdokumente, finansiering en grondtoekenning, sowel as kommer oor onvoldoende gemeenskapskonsultasie en begunstiging. Om korrupsie te voorkom, beveel die blog aan dat die beginsels van die deursigtigheidsinisiatief vir ontginningsnywerhede aangeneem word, wat deursigtigheid in kontrakte, eienaarskap, belasting en gemeenskapsimpakverslaggewing bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Graham Hopwood, die instituut se direkteur, wat uitbrei.