Groenwaterstof uitreikingstoer lig gemeenskappe in

Die nasionale groenwaterstof uitreikingstoer, gereël deur die regering en Hyphen, gaan voort regoor die land. Hierdie week besoek hulle die Kunene-, Oshikoto- en Ohangwena-streke. Die toer is onder leiding van Obeth Kandjoze, direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie en voorsitter van die Groenwaterstof-raad. Die toer het ten doel om belanghebbendes en gemeenskappe te betrek deur besonderhede oor Hyphen se projekte en sy sosio-ekonomiese ontwikkelingsraamwerk te deel. Kosmos 94.1 Nuus het aan Kandjoze gevra watter kennis hulle op die toer versprei.