Groentepryse skiet op

Die Namibiese Statistieke-agentskap het die verbruikerspryse vir Oktober bekend gemaak. Voedsel en nie-alkoholiese drank se jaarlikse inflasiekoers was 9,4, vergeleke met 9,1 persent in Oktober verlede jaar. Die pryse van visprodukte was gemiddeld 15,5 persent hoër as ‘n jaar gelede, terwyl melk, kaas en eiers met 12,4 persent gestyg het vergeleke met ‘n 3,9 persent styging verlede jaar. Groentepryse het met 15,4 persent geklim. Kool is nou amper 60 persentasiepunte duurder en aartappels is oor die 40 persentasiepunte hoër. Koffie, tee en kakao was op ‘n jaargrondslag 11,6 persent duurder in Oktober as dieselfde tyd verlede jaar.