Groenskemas se voerstelsels nie in werking nie
Die hidroponiese voerproduksie-stelsels wat jare gelede by groenskemas regoor die land opgerig is, is nog nie in werking nie. Volgens plaaslike berigte sê die landbouministerie dat die skemas eers in 2022 oorgedra is aan hom en daarom werk die stelsels nie. Die bestuurder by die Etunda-skema, Sacky Shilyomunhu, het onlangs gesê hulle kan nie die stelsels gebruik nie omdat daar geen gars beskikbaar is nie. By Etunda het die stelsel meer as ‘n miljoen Namibiese dollar gekos en is daargestel om voer te produseer tydens droogte, soos tans.