Groenskemas ontvang 16% van wat nodig is
Die besnoeiing van fondse aan groenskemas het wenkbroue laat lig. Die begrotingstoewysing is met ‘n verbysterende 54 persent tot 65 miljoen Namibiese dollar verminder. Die ministerie het beken dat groenskemas in ‘n vervalle toestand is en hulle benodig aansienlike herkapitalisering om hulle weer tot volle produksie te bring. Die 120 miljoen dollar se toewysing in die vorige boekjaar is hoofsaaklik gebruik vir die herstel en instandhouding van verouderde besproeiings infrastruktuur, verkryging van nuwe trekkers en implemente, asook die verkryging van produksie-insette. Daar word meer as 400 miljoen dollar benodig om produksie by die skemas op te stoot. As ‘n voorbeeld, Etunda kan, sou hy deur die jaar mielies plant, ‘n jaarlikse oes van 10 000 metrieke ton lewer. Vanjaar word sy oes op 600 ton geskat.