Groenskemas kry 54 persent minder geld as verlede jaar

Die landbou ministerie het ‘n begroting van net meer as 1,93 miljard Namibiese dollar vir die 2024/2025-boekjaar gekry. Dit is ‘n toename van 8,8 persent vanaf verlede jaar se toekenning van 1,76 miljard dollar. Die begrotings-motiverings-verklaring is deur die adjunkminister van landbou, Anna Shiweda, in die Nasionale Vergadering gelewer. Shiweda sê dat ‘n bedrag van 65 miljoen dollar aan die groenskemaprojekte, insluitend die Neckartaldam fase 2-besproeiingsprojek, toegeken is. Dit is 54 persent minder as verlede jaar se toekenning van 120 miljoen dollar.

Shiweda sê die ministerie het fondse van internasionale finansiële instellings soos die Afrika Ontwikkelingsbank ontvang, maar dit is vir geoormerkte projekte en nie genoeg om die skemas te help nie.