Groen-waterstof is te dors, maar sonkrag?

Die fokus in Namibië is tans op die vervaardiging van groen waterstof as ‘n skoon, alternatiewe energiebron, maar dit word ook gekritiseer as ‘n duur proses wat baie water verg. Kritici sê die oprigting van ‘n sonpaneel-fabriek en die vestiging van ‘n fotovoltaïese aanleg sal ‘n beter opsie wees, aangesien dit goedkoper en makliker sal wees om in Namibië se oorvloedige sonskyn te bedryf. Die minister van energie, Tom Alweendo, het die implikasies van sonenergie vir die elektriese netwerk van Namibië so beskryf.