Groen waterstof bring werksgeleenthede – maar watter?

‘n Werkswinkel getiteld “Gedeelde energie-toekoms: versterking van die burgerlike samelewing en gemeenskapstemme oor groen waterstof” begin vanoggend in die hoofstad. Die driedaagse werkswinkel het ten doel om begrip van Namibië se groenwaterstofprogram onder Namibiese en Suid-Afrikaanse burgerlike samelewingsorganisasies en verteenwoordigers van direk geaffekteerde gemeenskappe te verdiep. Dit word aangebied deur die Namibië Ontwikkelingstrust, die Economic Social Justice Trust, Frack Free Namibia en die Heinrich Boell Stigting se Kaapstad-kantoor. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hans-Christian Mahnke, een van die organiseerders, wat sê hulle wil veral meer weet oor die duisende werksgeleenthede wat beloof word.