Groen Toerisme-program wil hoë kragpryse, beurtkrag teenwerk

Die Toerisme-departement in Suid-Afrika doen ‘n beroep op alle ondernemings wat in aanmerking kom om deel te neem aan die Groen Toerisme Aansporingsprogram se negende aansoekvenster, wat oop is tot 31 Maart. Dit het ten doel om stygende elektrisiteitpryse, toenemende druk op die nasionale energienetwerk en beurtkrag teen te werk. Die departement se woordvoerder, Zara Nicholson, sê die program moedig privaat sektor toerisme-ondernemings aan om oplossings vir die volhoubare bestuur en gebruik van elektrisiteit en waterbronne te oorweeg.