Groen-projekte kry aandag in Marokko
Die Afrika-ontwikkelingsbank sê die wêreld se grootste vervaardiger van argan-olie, Marokko, werk aan die beskerming van sy argan-bosse, wat bedreig word deur klimaatsverandering en menslike bedrywighede. As deel van die beskermings-projek is 221 000 argan-bome op 920-hektaar herplant. Die gebied oorskrei by verre die gebiede wat ontbos moes word vir die bou van ‘n hoofweg. Eko-verantwoordelikheid is die grondslag van die ontwikkeling van ‘n padnetwerk. Die bank wil die koolstof-voetspoor van die land se padnetwerk verklein deur alle belanghebbers te betrek en die gebruikers van die hoofweg se bewustheid te verhoog, oor klimaatskwessies in die vervoersektor.